SeptemberSeptember

104FM-Netwerk met meubels

24 Augustus - 24 Augustus, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

24 Augustus - 24 Augustus, 2019

Volle Dag

En die uitdeel het begin met

Te danke aan die ruim skenking van Old Mutual, kon Radio Tygerberg 104fm – as deel van ons #ROOIverskil in September – nie minder as 13 nie-winsgewende organisasies met pragtige kantoormeubels seën. Die organisasie is deel van 104fm-Netwerk. 

“Die meubels is steeds uitstekende toestand en ons is oorval met versoeke! Die organisasies wat, almal deel van die nuwe 104fm Netwerk is, was in ekstase,” sê projekkoördineerder Helané Theunissen. “Te danke aan organisasies soos Old Mutual wat met Radio Tygerberg hande vat, kan ons noodsaaklike hulpbronne vir hierdie organisasies bied, wat weer hul hande versterk sodat hul goeie toerusting en meubels kan besit en op die werk waaroor hul passievol is, fokus.”

Die volgende organisasie het meubels ontvang.

Die Groot trek begin!

 

Meer as 500 stukke meubels en matte wat deur Old Mutual aan Radio Tygerberg 104fm oorhandig is vir skenkings aan NGO’s wat geregistreer is op die radio se 104FM-Netwerk, is vandag met die hulp van NightwinG Courier se sewe voertuie en ‘n span werkers van die studente organisasie Pneumatix vervoer van Old Mutual se hoofkantoor in Pinelands na die Koelenhof Winery buite Stellenbosch wat goedgunstiglik stoorplek daarvoor beskikbaar gestel het.

Na die aflaai slag kon die moeë manne laat middag weglê aan ‘n heerlike boereworsrol en ‘n koeldrank voorberei deur Radio Tygerberg kollegas Sedrick Taljaard en Helané Theunissen.

Dank en groot waardering aan Samanthea Tembo van Old Mutual Corporate Property Management, Vian Brits en Jack Julies en hul span drywers van NightwinG Courier, Giovanni Africa en sy span van tien werkers van Pneumatix, Andrew de Vries en sy span van Koelenhof Winery vir die stoorplek en laaste maar nie die minste nie Helané Theunissen vir die koördinering van die projek.

NGO’s wat belangstel om van die meubels te bekom maar nog nie by die Tygerberg 104FM-Netwerk geregistreer is nie, klik op die skakel Netwerk regs bo om te registreer en so aansoek te doen vir die meubels.