Werkverskaffing – 25 Augustus 2020

Augustus 25, 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   2 5   A U G U S T U S  2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

BESTUURDER  MANAGER
Vereistes: Bestuurder benodig by Huis Uitsig vir die Bestuur van die Tehuis vir optimale versorgingsdiens aan bejaardes, bestuur en ontwikkeling van personeel, opstel en bestuur van begrotings, bate bestuur ens. Moet beskik oor naskoolse kwalifikasie, probleem areas te identifiseer. Kennis en ervaring van personeel en finansiële bestuur, arbeidswetgewing, fondswerwing en bemarking, rekenaarvaardigheid en vorige ondervinding van die bestuur van ‘n tehuis vir bejaardes, sal as sterk aanbeveling dien.

Rig volledige CV voor Vrydag, 04 Sept. aan die Direkteur Menslike Hulpbronne, Badisa, Privaatsak X8, Bellville 7535 of per epos: mhb@badisa.org.za

 

ONDERHOUDSBEPLANNER MAINTENANCE PLANNER
Vereistes: Babylonstoren benodig ‘n Onderhoudsbeplanner met Gr.12 Sertifikaat, min. 5jr. ondervinding as onderhoudsbeplanner, rekenaargeletterdheid (Office, Excel, Word/Outlook, Powerpoint) Moet toepaslike opleiding in Onderhoudsbeplanning hê. Ondervinding in die gasvryheidsektor sal voordelig wees. Sterk kommunikasievaardighede, vermoë om meer as een taak op ‘n slag te behartig. Geldige bestuurslisensie.

Epos CV en salarisverwagting na anneline@babylonstoren.com

 

 VERPLEEGKUNDIGE NURSE
Vereistes: Goue Aar Tehuis (Badisa) Malmesbury benodig ‘n Ingeskrewe Verpleegkundige & Geregistreerde Verpleegkundige, geregistreer wees by SA Verplegingsraad. Gemotiveerde, verantwoordelike persone met geriatriese ondervinding. Die poste behels toesighouding oor ‘n groep versorgers en die versorging van verswakte en bejaarde inwoners. Persone moet in spanverband kan saamwerk.

Rig aansoeke met volledige CV en bewyse van kwalifikasies aan: Die Bestuurder per epos: goueaar@telkomsa.net

 

KONTRAK INGENIEUR CONTRACT ENGINEER
Vereistes: Kontrak Ingenieur benodig met min. 5-10jr. ondervinding in ‘n soortgelyke posisie in die lugreeling industrie gehad het, veral in meer gespesialiseerde stelsels (kommersieel en industrieel) asook ‘n relevante naskoolse kwalifikasie. Moet oor goeie beplannings, tegniese, interpersoonlike vaardighede, pro-aktief, lojale en goeie kommunikeerder wees wat ag slaan op die fynste besonderhede.

Webwerf vir meer inligting: www.actom-hvac.co.za. Rig aansoeke aan Hoof Bestuurder, Posbus 574 Brackenfell, 7561 of per epos: hvac-ct@actom.co.za  

 

VERSORGER CARER
Vereistes: Inslaap Versorger benodig vir bejaarde vrou en seun met down sindroom en dimensia in Bellville

Stuur CV, vollengte foto en 3-5min. whatsapp video waarin jy jouself bekend stel en aanbeveel en salaris verwagting asook wanneer diens kan begin na Mev. Mostert by 079 233 8753

 

TEGNIKUS TECHNICIAN
Requirements: Dirtrider Motorcycles Cape Town, Montagu Gardens is looking for a head Technician (motorcycle Mechanic) with a good track record with references, sober habits essential. Must have a passion for off-road motorcycle bikes: MX, Enduro, Adventure, Motards or Quad bikes. No Chancers please.

Email CV to info@dirtrider.co.za, also visit website: www.dirtridermotorcycles.co.za