Werkverskaffing – 19 November 2019

November 19, 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   1 9  N O V E M B E R    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
BEMARKING MARKETING
 
Vereistes: Afrikaanssprekende persone in Noordelike Voorstede word benodig om unieke produkte te bemark, opleiding word verskaf, weeklikse inkomste moontlik. Produkbekendstelling, Donderdag, 21 Nov. 2019 om 19h00 by Cafè Chameleon, Winkel nr. 5, Plattekloof Sentrum.

(Bespreking noodsaaklik) Skakel: 074 610 9613 of epos: info@lulosahealthandwealth.co.za

   
SEKURITEITS BEAMPTES SECURITY OFFICERS

       

  Vereistes: Junior Sekuriteitsbeamptes benodig met Graad 12 Sertifikaat, Graad C PSIRA, kennis van SAIDSA standaarde, min. 2jr. ondervinding as sekuriteitsbeampte in soortgelyke posisie. Kennis van CCTV sekuriteitskameras, sobergewoontes, skoon kriminele rekord, Engels & Afr. magtig en eie vervoer, by Babylonstoren buite Franschhoek. Moet in nabygeleë omgewing woonagtig wees.

Epos CV aan Anneline@babylonstoren.com

 

VERPLEEGKUNDIGE  NURSE

 

Vereistes: Dorothea Spesiale Skool benodig ‘n geregistreerde Verpleegkundige.

Epos CV aan dorothea.inclusive@wcgschools.gov.za of Faks (021) 889 5680

 

REGSEKRETARESSE  LEGAL SECRETARY

 

Vereistes: Algemene regspraktyk benodig ‘n Regsekretaresse in die Ceres/Witzenberg omgewing met ondervinding in litigasie. Kandidaat moet oor kapasiteit beskik om van huis af te werk.

Stuur CV na aimee@kjlaw.co.za

 

ONTVANGSDAME  RECEPTIONIST

 

Vereistes: Ontvangsdame met ten minste 3jr. prokureursfirma ondervinding vir hantering van ontvangs, skakelbord, beskik oor telefoon etiket, invorderings prosedure onafhanklik te doen, akkurate diktafoon en korrespondensie kan tik, goeie Afrikaans & Engels vaardighede.

Stuur verkorte CV aan morvena@vandykco.co.za

 

SEKRETARESSE  SECRETARY

 

Vereistes: Oakdale, Bellville Prokureursfirma benodig ‘n Litigasie/invorderings Sekretaresse met ten minste 5jr. prokureursfirma ondervinding, vir opstel van Pleitstukke – Landdroshof en Hooggeregshof insluitend boedels, alle litigasie en egskeidingsprosedure, invorderings prosedure onafhanklik te doen akurate diktafoon tikwerk kan doen, Afr & Engelsmagtig en koste rekeninge kan opstel.

Stuur verkorte CV aan morvena@vandykco.co.za

 

ONDERWYSERES  TEACHER

 

Requirements: Independent School in Kuilsriver needs a Grade R Teacher for January 2020, with Level 5 & Matric Certificate, any post graduate qualifications would be an advantage.

Send covering letter and CV to kidzcornerschool@gmail.com (closing date: 2 December 2019)

 

BEMARKING SEMINAAR  MARKETING SEMINAR

 

Vereistes: Geleentheid om jou eie bemarkingsgroep te bou met ‘n minimale maandelikse kapitaal uitleg. Volledige opleiding en inligting word verskaf by ons volgende seminaar op Sat. 23 Nov. 2019, te Ouditorium van die Publieke Biblioteek,  Bellville om 10h30.

Toegang: Gratis, Registrasie noodsaaklik.

Stuur Whatsapp of SMS na 082 926 5062 om jou en potensiële groep vir seminaar te registreer.

 

VAKATURE VACANCY

 

Vereistes: Internship Admin/QC persoon benodig, verkieslik jong dinamiese dame 18-28jr) met matrieksertifikaat, basiese rekenaar vaardighede en naskoolse opleiding. Asook Internship Marketing Manager (18-28jr) met naskoolse kwalifikasie in Bemarking Bestuur.

 Skakel of whatsapp 083 634 7525

 

NAEL TEGNIKUS NAIL TECHNICIAN

 

Vereistes: Hair & Beauty Salon in Goodwood needs an experienced Beautician /Nails technician to start a.s.a.p.

 Contact: Douglas on 072 855 7202 or (021) 591 3883

 

TENTMAKER TENT REPAIRER

 

Vereistes: Tentmaker/ Tent Hersteller benodig met basiese ondervinding in tent herstelwerk en moet met ‘n Stikmasjien kan werk, pos onmiddellik beskikbaar vir geskikte kandidaat.

Kontak: Henri by 072 443 6626

 

VAKATURE VACANCY

 

Vereistes: The House of Crates, Durbanville benodig betroubare, hardwerkende persone met ondervin ding/kennis/vaardigheid van houtwerk en houtwerkmasjiene, om spoedig diens te aanvaar. Moet oor kontakbare verwysings en eie vervoer beskik.

Stuur epos met verkorte CV na thehouseofcrates@gmail.com

 

VERSORGER CARER

 

Vereistes: Tuisversorger/Verpleegster met sober gewoontes, Christelike waardes en kennis van kolostomie benodig vir Tuis versorging, om spoedig diens te aanvaar.

Skakel: 078 339 6112 of 021 949 1062

 

SEKURITEITS WAGTE ARMGUARDS

 

Requirements: Armguards needed with valid fire arm competency, must be PSIRA registered, with clear criminal record and sober habits.

Contact: Dalene on 084 405 0249

 

DRYWER DRIVER

 

Vereistes: Drywer word benodig vir aflewering van aandetes aan kliënte, met netjiese voorkoms, eie vervoer en stiptelikheid. Moet kan werk met Google Maps. Betaling R10p/aflewering.

Kontak: Vanessa by 062 832 1982 (stuur asb. whatsapp of voice note) moenie skakel nie.

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

Radio Tygerberg 104fm bied ’n gratis platform vir werkgewers om beskikbare poste te adverteer. Ons probeer so ver moontlik verseker dat die werksgeleenthede wat geadverteer word, betroubare inligting deurgee.Neem kennis dat Radio Tygerberg 104fm nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige skakeling, onderhandelings of enige ander legitieme sake tussen betrokke partye wat mag voortspruit op hierdie platform nie.