Werkverskaffing – 18 Mei 2021

Mei 18, 2021

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G  1 8  M E I  2 0 2 1

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

VAKATURES VACANCIES
Vereistes: Huis Mimosa, Tehuis vir Bejaardes benodig ‘n Stafverpleegkundige en Assistent met toepaslike opleiding, Registrasie by SARV, kennis van versorging van bejaardes, bereid om skofte te werk ens.

Rig aansoeke met volledige CV en bewyse van kwalifikasies aan die Admin Beampte, Huis Mimosa per epos na mimosa@murraygemeente.co.za

 

VOORMAN FOREMAN
Vereistes: Hoërskool Durbanville benodig ‘n Voorman (WKOD-Kontrakpos) met Gr.12 Sertifikaat, Kode 8 Rybewys, goeie taalvaardigheid in Afr & Engels, eie Vervoer. Pligte behels: Toesig, administrasie en bestuur van algemene terreinpersoneel, kontrole oor voorraad en instandhouding van apparaat, verantwoordelik vir skoonmaak van skoolperseel, bestuur onderhoud van gebou en sportgronde, oop en toesluit van skool.

Epos CV of aansoekbrief aan admin@durbanvillehs.co.za

 

VAKATURES VACANCIES
Vereistes: ACVV Huis Vergenoegd Versorgingsentrum benodig ‘n Geregistreerde Suster vir versorging van ouer persone, personeel bestuur, voorraad beheer, admin- en rekenaarvaardighede, goeie menseverhoudinge geregistreer by SA Verpleegstersraad, kennis van die Wet op Ouer-persone asook ‘n Ingeskrewe Staf Verpleegkundige met toepaslike ondervinding, goeie menseverhoudings, ingeskryf by die SA Verpleegstersraad, Rekenaarvaardig, moet onafhanklik kan funksioneer.

Rig alle CV’s en navrae vertroulik aan die Suster in Bevel, Huis Vergenoegd, hoofstraat 174, Paarl Epos: hvg7@lando.co.za

 

VERPLEEGKUNDIGE NURSE
Vereistes: Geregistreerde Verpleegkundige by Chrismar Villas Sorgeenheid benodig, met toepaslike ondervinding in Bejaardesorg, geregistreer by SAVR en Indemniteitsversekering. Sluitingsdatum: 21 Mei Aansoeke gerig aan die bestuurder, moet by Ontvangs te Jessiestraat 25, Chrismar, Bellville afgelewer word.

 

STIKSTER MACHINIST
Vereistes: All Rounder Machinist benodig in Durbanville.

Kontak: Yolandi by 082 733 5447

 

DRYWERS DRIVERS
Vereistes: Drywers dringend benodig met geldige PDP en 5jr. ondervinding vir vervoer van personeel regoor Skiereiland. Geen kansvatters.

Skakel: (021) 692 0012 (tussen 09h00-16h00 daagliks)