Werkverskaffing – 16 November 2021
November 16, 2021
W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G 1 6 N O V E M B E R 2 0 2 1
Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.
Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za |
VAKATURE | VACANCY |
Vereistes: Stoorklerk/Verteenwoordiger benodig vir Vervaardigings Maatskappy in die Landbou Sektor, met ondervinding in die landbou sektor, voordelig. Betroubaar en eerlik, goeie kommunikasie en organiseringsvermoëns noodsaaklik.
Stuur aansoek met CV aan: noreply@skaarlandland.co.za |
VAKATURE | VACANCY |
Vereistes: Slanghoek Kelder in Rawsonville benodig Parshulpe (self-gemotiveerde, hardwerkende persone vir Parstyd 2022 (Januarie tot April) (verblyf en etes voorsien).
Skakel: 023 344 3026 |
VAKATURE | VACANCY |
Vereistes: Jeugpos – Ceres vir volwasse gebalanseerde persoon met gepaste kwalifikasie, vermoë om individue sowel as groepe te hanteer. Invoeling met leefwereld van jongmense. Maatskaplike agtergrond en vaardighede sal die aansoek versterk. Dien as Jeugwerker binne gereformeerde missionale konteks. Verantwoordelik by Laerskool FD Conradie, Laerskool Gericke asook Hoërskool Charlie Hofmeyer.
Epos CV na apm@lando.co.za en hoof@charlie.org.za |
ELEKTRISIêNS | ELECTRICIANS |
Vereistes: Thesnaar Elektries benodig Elektrisiëns met min. 5jr. vorige elektriese ondervinding met verwysings. Bewyse van Naskoolse kwalifikasies, geldige Bestuurslisensie, ondervinding in huisbedrading, pomp installasies en motors asook ‘n Elektriese Assistent met vorige elektriese ondervinding met verwysings, eerlik, hardwerkend en in span kan saamwerk. Geen kriminele rekord.
Epos CV aan thesnaar@breede.co.za (Sluitingsdatum: 30 Nov. 2021) |
FINANSIëLE/ADMIN BEAMPTE | FINANCIAL/ADMIN OFFICER |
Vereistes: Finansiële/Administratiewe Beampte benodig in Robertson Area met Pastel rekeningkundige funksies, bank invoere en rekonsiliasie. Krediteure & Debiteure invoere en rekonsiliasies, interne oudits ens
Epos volledige CV en ID aan magda@bvpd.co.za |
VAKATURE | VACANCY |
Requirements: Van Wyk & Van Heerden Attorneys have the following positions: Senior Conveyancing Secretary with 7yrs exp. able to function independently, exp. in Developments advantageous.
Legal Secretary with excellent communication skills (verbal and written) to be trained in Conveyancing. Email CV with references to reception@vwvh.co.za |
VAKATURE | VACANCY |
Vereistes: Junior Voedsel Veiligheidsbeampte benodig met BSc/Nasionale Diploma in Voedseltegnologie/ Mikrobiologie, min. 2jr. ondervinding in ‘n omgewing met vlot verkoopbare verbruikersgoedere, ens.
Epos CV en salarisverwagting aan anneline@babylonstoren.com |
VAKATURE | VACANCY |
Vereistes: Posisie vir ‘n jongman (18-25jr) in Cape Gate area vir Installering, herstelwerk en programmering van Twee-rigting radios, met wetlike EB Voertuig rybewys, eie vervoer, ten minste Matriek of soortgelyke kwalifikasie, ‘n passie vir elektronika met elektroniese ondervinding en rekenaarvaardigheid.
Epos CV na str@mweb.co.za |
VAKATURE | VACANCY |
Vereistes: Verification Officer needed in Bredasdorp (LMI Scales) for calibrations and verifications of scales, do installations of weigh-bridges and basic computer skills. As appointed Verification Officer, you will have to ensure that scales are verified and sealed as per the NRCS Quality System. MA1 Qualification needed. MA3 will be an advantage. Code 14 License will be an advantage.
Please send CV and Certified Qualifications to: bredasdorp@lmi.co.za |
STIKSTER | MACHINIST |
Vereistes: Samantha is op soek na ‘n Versatile Machinist in Delft area.
Skakel: 068 231 9245 |