Tygerberg104fm-Netwerk vir Mandela-dag!
Julie 18, 2019
Vandag vier Suid-Afrika, saam met die res van die wêreld Mandela-dag. ‘n Dag waar alle mense uitgenooi word om minstens 67 minute aan ‘n goeie doel te spandeer om te wêreld ‘n beter plek te maak. Al is dit dan net vir een dag. Oud president Nelson Mandela was ‘n leier wat bekend was vir sy liefde vir die gemeenskap en vrywillige werk.
Vandag, ter ondersteuning van Mandela-dag maar ook die res van die 365 kalenderdae loods Radio Tygerberg die Tygerberg104FM-Netwerk!
Die doel van die Netwerk is eenvoudig: om die hande en voete van geregistreerde nie-winsgewende organisasies in Suid-Afrika sterker te maak deur mediablootstelling en ondersteuning aan hul te bied. Dit is ‘n gratis aanlyn platform.
Het jy dus ‘n NGO of weet jy van ‘n NGO wat by die TYGERBERG104FM-NETWERK kan baat?
Registreer dan sommer nou op die splinternuwe TYGERBERG104FM-NETWERK en besef die waarde van saamwerk. Word deel van die Netwerk-Gids en verkry ekstra blootstelling vir jou NGO.
In samewerking met Movers&Shakers en Forward Fund help Radio Tygerberg 104FM jou om op ‘n kreatiewe wyse deel te raak van ‘n gemeenskap van verskilmakers en effektief jou NGO te bemark.
Besoek die Tygerberg104FM-Netwerk om te registreer en word deel van die NETWERK.
Vir meer agtergrond oor die Tygerberg104FM-Netwerk kyk Die Groot Ontbyt-insetsel met Rouchelle Liedemann waar sy met die skakelbeampte van Radio Tygerberg 104FM, Eunice Stoltz, gesels. Eunice vertel meer oor hoekom die Tygerberg104FM-Netwerk gestig is.