#TrotsSA, ons Top 10 vir 2019
Desember 10, 2019
Die Radio Tygerberg-nuusspan het hul top tien redes om trots Suid-Afrikaans te wees, saamgestel. Hoe lyk jou top 10 vir 2019?
- Mej Suid-Afrika Zozibini Tunzi is op 8 Desember as Mej. Heelal gekroon. Saam met Margaret Gardiner in 1978, gevolg deur Demi-Leigh Nel-Peters in 2017, is Zozibini die derde Suid-Afrikaner om die Mej Heelal-kroon te wen. Sy is ook die eerste Mej. Heelal om die splinternuwe “Power of Unity”-kroon met ‘n waarde van R73 miljoen, te dra.
Foto’s: Miss Universe FaceBook-blad
- Die Springbokke is op 2 November as die wêreldkampioene aangewys toe hulle Engeland met 32-12 in die finale wedstryd van die 2019 Rugby Wêreldbeker-toernooi geklop het. Die Bokke se keurders het ook geskiedenis gemaak deur Siya Kolisi as die eerste swart kaptein aan te wys.
Foto’s: Getty Images, FaceBook-blad
- Die Blitzbokke het die gees van Rugby Sewes-Wêreldbeker lewendig gehou toe die span op 8 Desember as wenners die Wêreldbekertrofee by die Dubai Sewes-toernooi verower het. Die Blitzbokke het die Royal Jesters 28-12 in die finaal geklop.
Foto’s: Blitzbokke Twitter-blad
- Die Suid-Afrikaanse Protea-netbalspan het op 22 Oktober as die 2019 Afrika Netbal-kampioen uitgestyg bo ander spanne toe die span vir Zambië 72-53 gewen het.
Foto’s: Netball SA Twitter-blad
- Die Ndlovu-jeugkoor van Limpopo, is die eerste Suid-Afrikaners om na die eindrondte van die gewilde Amerikaanse talentkompetisie, America’s Got Talent, deur te dring. Die koor het op 19 November geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaanse musiekgroep te word wat die Hollywood Music in Media-toekenning in die kategorie van “Best Independent Music Video” kon wen saam met Grammy bekroonde Suid-Afrikaanse fluitspeler Wouter Kellerman.
Foto’s: FaceBook-blad
- Die 27-jarige Anrune Weyers het Suid-Afrika se eerste goue medalje by die 2019 Paralimpiese Wêreldkampioenskappe in Dubai gewen toe sy die kampioenskaprekord in die vroue se 400m T47 gebreek het om die eerste plek te behaal. Ntando Mahlangu het op sy beurt ‘n goue medaljie in die mans 200m T61-kategorie behaal. Charl du Toit het brons in die mans se 400m T37 verwerf terwyl Reinhardt Hamman ‘n brons medaljie in die mans F38 spiesgooi finale ontvang het.
Foto’s: Anrune Weyers Twitter
- Die KwaZulu-Natal boorling, Majoor Mandisa Nomcebo Mfeka, ‘n Suid-Afrikaanse Weermag-vlieënier, het in Maart vanjaar die wêreld se eerste swart vroulike vegvliegtuigloods geword.
Foto’s: www.uncensoredopinion.co.za/
- Die 21-jarige swemmer, Tatjana Schoenmaker, het die eerste Suid-Afrikaanse vroulike swemmer geword om ‘n medalje by die FINA Wêreldkampioenskappe vir langafstandswem te behaal toe sy tweede in die 200 m-borsslag tweede geëindig het. Sy het die week daarna weer geskiedenis gemaak deur twee goue medaljes by die FINA Swem Wêreldbeker 2019 te wen.
Foto’s: Getty Images
- Suid-Afrika het onlangs die Junior Ballet Klein Groep kampioenskap by die Internasionale Dans Organisasie se Wêreld Ballet en Jazz kamioenskappe in Warskou, Pole gewen.
Foto’s: Michelle Nesbitt
10. Die 24-jarige Phumelela Mapukata is onlangs aangewys as Mr Death World aangewys. Hy het 20 deelnemers van 11 lande uitgestof om hierdie titel te wen. Hy wil sy titel gebruik om bewustheid en groter inklusiwiteit vir dowe mense in Suid-Afrika te skep en sê:
“WE NEED TO HAVE MORE SCHOOLS THAT TEACH DEAF PEOPLE SKILLS THAT DON’T REQUIRE THEM TO BE EMPLOYED BY SOMEONE ELSE.”
Foto’s: SADC News
Hooffoto : Vlae – GoodThingsGuy