Skater Girls neem die Bo-Kaap op horings!

November 20, 2018

In November vanjaar kon Kirsten Poking 15 skaatsplanke aan jong meisies in die Bo-Kaap uitdeel. Dit is nadat daar altyd slegs een bord tussen minstens 20 meisies gedeel was!

Wat begin het met een skaatsplank en sy eienaar, Kirsten Poking, het uitgeklok tot ‘n inisiatief wat jong meisies vandag bemagtig en lewenslesse leer deur middel van skaatsplan kry.
Kirsten glo om die spreekwoordelike boompie te buig terwyl hy nog jonk is! Net so leer die jong meisies reeds van vroeg om verantwoordelikheid te aanvaar vir die voorreg om ‘n skaatsplank te mag gebruik.
Niemand kry eenvoudig ‘n skaatsplank verniet nie.

‘n Bord mag oor ‘n tydperk van vyf weke vir R100 gebruik word. Elke week wanneer die bord tydens oefening steeds in ‘n goeie toestand is kry die jong skaatsplankryer R20 terug. Dit is duidelik dat die Bo-Kaap ‘n skaatsplank koninkryk vir 15 jong meisies gaan bly!

Deur Eunice Stoltz