‘n Savage van ‘n snuffelhond!

Julie 12, 2019

Ses uit ses vir Savage

Superster Savage (middel) spog met sy medalje. By hom is Mosuli Faku (links) en grootbaas Wayne le Roux.

 

Nuushoof Elize Parker se hart klop warm wanneer dit by diere kom.  Enige diere! Maar sy het beslis ‘n sagte plekkie vir die honde van die K9-eenheid in Kaapstad ontwikkel. In besonder vir Savage.

Savage is ‘n snuffelhond en is onlangs beloon met ‘n medalje vir uitstekende diens. Hy het nie minder as ses suksesvolle arrestasies in ses maande uitgevoer. Beslis nie ‘n ‘hondjie’ om sonder handskoene aan te pak nie en Kaapse boewe kom verseker hul Moses tee as Savage op die toneel is.

Savage en sy mens-kollega, Mosuli Faku, is ‘n gedugte span. Hulle werk veral om dwelms uit te snuffel. Savage is een van 25 superhonde van die K9-eenheid onder leiding van Wayne le Roux.

Kaapstad is beslis veiliger met honde soos Savage op straat. En Savage is duidelik baie geliefd. Luister  gerus na hierdie heerlike onderhoud met ‘n baie trotse Mosuli Faku  indien jy dit gemis het.