Laat hoor van jou oor Kinderwysingswetgewing teen 29 Nov

November 20, 2018

Die regering beplan aanpassings aan die Kinderwysingswetgewing. Christene het ‘n verantwoordelikheid om betrokke te wees en hul stem te laat hoor oor die grootmaak van hul kinders.

Volg die skakel na die video van Freedom of Religion South Africa (FOR SA) en luister na die beplande aanpassings wat die regering voorstel gemaak moet word in die Kinderwysingswetgewing.

Die publiek het tot 29 November kans om kommentaar te lewer. Laat weet die regering wat jy dink oor die aanpassing van die wetgewing en wees ingelig oor hoe die voorgestelde veranderinge jou as ouer gaan raak.

Die standaardvorm (templaat wat jy kan aflaai om te voltooi) is beskikbaar by https://forsa.org.za/ asook meer inligting.