Hoërskool Durbanville wen #VREESloos2019
Oktober 6, 2019
Die wenspan onder leiding van Liandri Laubscher is: Tiano de Sousa, Emihl Rossouw, Paul Esterhuizen, Iwaan Bloys, WP Humphries, Franko Van Wyk, Juf Liandri Laubscher, Pierre van Zyl, Zac Louw, Andre de Goede. Nie op foto Dandre Jansen van Nieuwenhuizen.
Hoërskool Durbanville wen #VREESloos2019
Die derde Radio Tygerberg 104fm #VREESloos is pas in die bed gesit en vanjaar was dit ‘n kop-aan-kop stryd met die Hoërskool Durbanville wat uiteindelik as wenners van #VREESloos2019 aangewys is. Die skool het R30 000 van Radio Tygerberg 104fm ontvang.
Die #Durbies het ook die sosiale media prys van R5000 van AWSUM gewen met hul wen-video wat in minder as 24 uur meer as 2 200 keer gekyk is. Hul het die baie belangrike en ernstige onderwerp van geweld teen vroue en kinders in hul video uitgelig en bewustheid vir die organisasie, One Billion Rising met hul veldtog, #VREESloosVirVroue geskep.
Hoërskool DF Malan is aangewys as die wenners van die Zone Fitness trapfiets-uitdaging. Vanjaar het vyf skole deelgeneem aan die baie gewilde #VREESloos-uitdaging van Radio Tygerberg 104fm waar leerders uitgedaag word om hul vrese te oorkom en as gelowiges, die wêreldse uitdagings met moed en deursettingsvermoë aan te vat. Deur in spanne saam te werk, op ander te vertrou en mekaar te motiveer word eenheid en spangees ook bevorder. Skole kies ook ‘n saak wat bewusmaking kry gedurende die uitdaging en moet sosiale media effektief gebruik om dit te kommunikeer. Benewens Hoërskool Durbanville en DFM, het Hoërskool Stellenberg, Tygerberg asook Bellville aan die uuitdaging deelgeneem.
BORGE
#Motus Nissan Tygervalley Tygervallei Sentrum Watkins Valeur Health and Beauty Wimpy, Tyger Valley Zone Fitness Peninsula Beverages Cape Union Mart en #AWSUM.
Alle foto’s deur Gerald Petersen van Double Dutch Media.