Gemeenskapsnuus – 24 November 2020

November 24, 2020

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   2 4  N O V E M B E R   2 0 2 0

 

27-28 NOVEMBER 2020 GRETHA WiiD
Vrouenaweek met Gretha Wiid – Reis van Egipte tot Kanaan oor Hoop

Waar: Vredelust Gemeente, 13de Laan 87, Boston, Bellville

Tyd: Vrydag: 18h30 & Saterdag: 08h30

Toegang: R500p/vrou (eie piekniek-mandjie vir Saterdag)

Kontak: Tertius by 082 783 7107

 

28 NOVEMBER 2020 NGK PARKE- GEMEENTE
NGK Parke-Gemeente hou ‘n Buitelug Feesmark met ‘n Potjiekos Kompetisie en heerlike Eet- en Speelgoed vir die kinders!  Waar: Kiplingstraat, 60, Windsor Park, Kraaifontein  Tyd: 09h00-14h00

Kontak: Kerkkantoor by (021) 988 5340

facebookblad: www.facebook.com/ngkparke

 

30 NOVEMBER – 3 DESEMBER 2020 AGS MORNINGSTAR KERK
AGS Morningstar Kerk hou hul jaarlikse Veldtog met Past. Ernest van Wyk

Waar: AGS Morningstar Kerk, Skoolstraat, Durbanville   Tyd: 19h30

Toegang: Covid maatreëls word streng toegepas.

Kontak: Past. Jan van Zyl by 073 501 0315

 

4-6 DESEMBER HUGO LAMBRECHTS MUSIEKSENTRUM
Hugo Lambrechts Musieksentrum vier hul 23ste jaarlikse Concertofees in die vorm van ‘n Virtuele Gala Konsert met 8 jong Musici o.l.v. Liam Burden en die Hugo Lambrechts Simfonie-orkes

Toegang: R155p/p (besoek: www.quicket.co.za)

Kontak: Musieksentrum by (021) 939 9105 vir meer inligting.