En Sy seëninge ken geen einde!
Junie 11, 2018

Radio Tygerberg 104fm het verlede week van Maandagoggend 06:00 tot Vrydagaand 22:00 ’n rekordbedrag van meer as R2miljoen rand ingesamel in sy tweejaarlikse fondsinsamelling, beter bekend as Pledgeweek. Vanjaar se tema was Geseën om te seën en in hierdie week het die personeel en luisteraars dié leuse eerstehands ervaar toe die rande en ook die reëndruppels behoorlik ingestroom het. Die geld word aangewend vir verskeie projekte in die gemeenskap en help om die stasie, wat ‘n nie-winsgewende organisasie is, op die lug te hou. Die kantoor sal die week van 08:00 tot 17:30 oop wees vir inbetalings of besoek die FaceBook-blad vir meer besonderhede.