Dagstukkies met Ziva Opsomming Week 2

Februarie 17, 2019

OPSOMMING Week 2 FEBRUARIE 2019

 

Die week se Tema is Liefde

“Hierin is die liefde:  Nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en Sy seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.”  1 Johannes 4:10

Dis hoe God oor jou voel: Jy is een van Syne. Geen wonder dat Henri Nouwen sê in sy boek “The Life of the Beloved”, die belangrikste ding wat jy en ek oor onsself behoort te weet, is dat ons die geliefde van God is. “You are His beloved!”

Verder sê God ook vir ons dat van die vrugte van die Gees is, liefde, blydskap en vrede. Onenigheid en tweedrag is die werk van Satan en die vrugte van sonde. As ons vrede en liefde wil geniet, moet ons, ns sondes versaak, ons moet in harmonie wees met God, en dan sal ons ook in harmonie wees met mekaar.  Ons moet ons naaste liefhê soos onsself dan eer ons God en is ons gehoorsaam. Stap hierdie week die pad van liefde en rig julle harte tot God die enigste bron van ware liefde.

Volgende week se tema is #Aanbidding.

In Sy liefde altyd