Dagstukkies met Ziva 19 Februarie 2019

Februarie 19, 2019

Romeine 12:1

19 FEBRUARIE 2019

“Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer – dit is julle redelike godsdiens.”

Is dit nie instiktief by ons as mens om iets goeds te doen vir iemand wat iets goeds vir ons gedoen het nie? As hulle ons gehelp het, dan wil ons ook dieselfde doen. Ek glo elkeen van ons het al die vraag gevra maar wat kan ons vir God gee?

Dis soos om ‘n geskenk vir iemand te gaan soek sodat dit God se hart sal blymaak. En dis net hier waar die vyand soveel van ons uitoorlê en uitvang!  Ons dink ook wat kan ek doen sodat God van my notisie sal neem, dalk meer kerk toe gaan, dalk groter tiendes gee, dalk meer goeie dade ensomeer?

Die grootste persent of dan weloffer wat vir God aanneemlik is, sal altyd wees nie my wil nie Here maar U wil. Wees onderdanig aan Hom en Sy woord nie aan iets wat ek dink vir myself ‘n offer is nie!

God wil hê dat jy jouself sal gee, jou liggaam gee sodat Hy in en deur jou en my kan werk. Hy het ons lewe gegee en daardie lewe wat in my en jou is moet heilig wees en beteken dit ook dat ons onsself moet uitsonder vir Sy werke. Dit is wat aanneemlik is vir Jesus. Dit is na wat Hy uitsien. Die effek van die Gees in ons lewens! Vader ons verklaar dan opnuut vandag dat ons lewens aan U behoort en dat ons ons liggame beskikbaar stel as ‘n lewende, heilige en welgevallige offer in Jesus se naam.

In Sy Liefde altyd