Dagstukkies met Ziva 1 Maart 2019
Maart 1, 2019
Openbaring 22:17: #Dorstig
“En die Gees en die bruid sê kom! En laat hom wat hoor, sê kom! En laat hom wat dors het, kom en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.”
Die laaste jaar of meer is Suid-Afrika midde-in die greep van sy ergste droogte in 104 jaar. Die die impak van die vernietigende watertekort is duidelik: sonder water is daar nie lewe nie.
Hierdie realiteit bring ons by die besef dat ons nodig het om te erken dat ons soms geestelike dors het en dat ons onsself nie kan red nie. Dat ons Christus nodig het en na Hom toe moet gaan. Daar is uitweg uit die dors, uit die ewige honger en kommer. Jy mag gratis en verniet drink uit die bron van lewe wat Jesus ons bied.
Jesus nooi ook vir jou en my, kom koop sonder geld en sonder prys en sonder voorwaarde. Die lewende water word dan ook ‘n krag in jou. Dit neem jou dors weg.
Daar waar jy sit steek jou hande na bo en ontvang nou die strome van lewende water deur die werking van die Heilige Gees sodat jy nooit weer deur ‘n geestelike dors hoef te gaan nie, in Jesus se naam. Amen
In Sy Liefde altyd