Dagstukkies met Karien 25 Junie 2019
Junie 25, 2019
2 Kronieke 15:7: #Lewe
“Maar julle moet vasstaan en nie moedeloos word nie, want julle sal die beloning vir julle optrede ontvang.”
Wat is jy bereid om te doen om jou droom te verwesenlik? Bob Ireland het die wenstreep van die New York Marathon oorgesteek as die 19 413ste en finale deelnemer – en ook as die eerste persoon wat ‘n marathon op sy arms gehardloop het, in plaas van sy bene! Bob wat veertig was het sy bene verloor in Vietnam. Dit was die langste tyd in die geskiedenis van die marathon wat enige iemand dit nog ooit voltooi het; vier dae, twee ure, 48 minute en 17 sekondes. “Sukses is nie gebaseer op waar jy begin nie’ het hy gesê, “maar waar jy klaarmaak – en ek het klaargemaak!” Bob se deelname was ‘n les vir almal om hom en ‘n karakter ontwikkeling vir hom; Hy het homself getoets en bewys dat jy ‘n ekstra betekenis in jou lewe het en as Christen moet ons ander bemoedig.
Om sukses te behaal moet jy begin by die begin en daarna volhard met voortdurende optrede. Dink hieroor na:
(1) Niemand van ons hoef fantasties te wees om te begin nie
(2) Sommige mense droom van uitsonderlike prestasie, ander mense staan op en doen dit net (3) Jy sal nooit wees wat jy veronderstel is om te wees, totdat jy begin doen wat jy veronderstel is om te doen nie
(4) As jy probleme ervaar om buite die boksie te dink, is jy moontlik in die verkeerde boks. Klim daaruit.
(5) Niemand kan namens jou ‘n besluit neem nie, en niemand kan jou hartsbesluit verander nie.
2 Kronieke 15:7 se; ‘Maar julle moet vasstaan en nie moedeloos word nie, want julle sal die beloning vir julle optrede ontvang.” Kom op ‘n punt in jou lewe waar jy weier om op te gee op jou droom en gaan voluit daarvoor, God is die een wat belonings uitdeel!
Bly glo.