Dagstukkies met Karien 24 Junie 2019

Junie 24, 2019

Psalm 118:24:  #Lewe

 

“Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.”

24 JUNIE 2019

‘n Kleurvolle yskasmagneet in ‘n winkel lees die volgende: Vyf maklike reëls om gelukkig te wees:

(1) Moenie oor emosioneel wees nie – hê geloof en vertrou net.

(2) Moet nooit opgee nie, hou aan probeer.

(3) Moenie dinge onnodig kompliseer nie, hou dit maklik.

(4) Moenie dinge te ernstig opneem nie, lag vir probleme en

(5) Moenie elke dag ‘n volwassene wees nie, maar bly jeugdelik soos ‘n kind!

Ons het ‘n leuse in die huis wat lei: ‘If it’s worth laughing about it later…it’s worth laughing about it now!’  Al ooit gevind dat jy na maande van ‘n moeilike seisoen in jou lewe kan terugkyk en glimlag, selfs lag oor wat gebeur het? Dit is omdat die moeilikste tye in jou lewe jou karakter die meeste vorm en bou.  Elke ondervinding maak jou die mens wie jy vandag is.  Jy kan nie slegs deur jou emosies, gedagtes en gevoelens gelei word nie.  Jy moet doen wat God van jou verwag en al maak dit nie noodwendig sin nie, moet jy op God vertrou en Sy stem gehoorsaam.

Psalm 118:24 lees; Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.  Die Psalmdigter het ‘n manier gevind om ‘n gewone dag met ‘n buitengewone entoesiasme aan te pak.  Hy het die besluit geneem en dit verklaar en nie net op sy gevoelens gefokus nie.  Gee nie om waardeur jy gaan of waar jy jouself bevind nie, daar is elke dag ‘n rede om te glimlag en te weet God is steeds in beheer.

Bly glo.