Dagstukkies met Henry 27 Augustus 2019
Augustus 27, 2019
1 Petrus 5: 6-7 #Onderdanig
“Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God. Sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.”
Hier sien ons ‘n wonderlike voorbeeld waarmee ons as Christene mee sukkel. Ons is so geneig om God vir Sy voorsiening en Sy almagtige krag te vra. In ons eie lewens wil ons self in daardie krag manifisteer. Maar as ons daardie krag, voorsiening en beskerming van God af wil hê, moet ons verstaan dat ons dan ook daardie standaard van lewe moet onderdanig wees. Om onsself aan die Here te onderwerp, beteken dit dat ons waarde vind in die instruksies en voorbeeld wat Jesus vir ons stel.
Ons sal die kragtige Hand beleef, wanneer ons ook in ons harte vrywillig aan Hom onderwerp het en nie hardkoppig is teen Sy wil nie. Vir die wat wel aan God onderdanig is, is daar transformasie wat lei na lewe in oorvloed, God sal hulle na hoër hoogtes neem, want Jesus is ons voorbeeld van ‘n onderdanige lewe en kyk wat het Hy alles beleef, net omdat Sy hart gerig was op God.
Sê bietjie prys die Here!