Dagstukkies met Henry 25 Desember 2019
Desember 25, 2019
Lukas 2:10-11 #Verlosser
“Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, Ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!”
“Goeie tyding van groot blydskap vir die hele volk”. Jesus is die hoop en die begeerte van al die nasies. Is dit nie opvallend om te lees dat ons nie hoef te vrees nie? Hoekom nie? Die Woord sê: “ .want kyk ”. Waarna moet daar gekyk word?
Die bevestiging van die engel, dat Jesus, die Verlosser, gebore is het vir die skaapwagters hierdie hoop gegee. Alles wat hulle geleer is oor die Here, was waar. Moses en sy lering, die profete en hulle word – alles was waar. Daarom het hulle geen rede om te vrees nie.
Jesus is gebore en almal wat na Hom kyk sal gered word. Die vyand wil jou fokus steel. Hy wil jou gedagtes draai na dit wat negatiwiteit verheerlik en nie na dit wat die Here verheerlik nie. Jesus is ons groot blydskap, want ons vrees niks meer nie. God is vir ons en Hy Verlos ons van die bose in alle omstandighede.
Sê bietjie prys die Here!