Dagstukkies met Henry 25 April 2019

April 25, 2019

 

1 Korintiërs 16: 13-14:  #Waaksaamheid

25 APRIL 2019

“Wees waaksaam, staan in vertroue, wees dapper, wees sterk, doen alles in liefde.”

Nehemia 6:13 leer ons dat vrees lei na aksies wat lei na sonde. Ons weet dat die perfekte liefde van God (1 Johannes 4:18) vrees uitdryf, maar die konstante teenwoordigheid van liefde dryf ook vrees uit. Paulus leer ons dat die uitdagings en vrese van hierdie wêreld ons op ‘n plek wil bring waar ons ons geloof in God sal ontken. Hoe sal ons dit ooit doen? Wel, deur nie op Jesus te vertrou en die instruksies van ons geloof uit te leef nie. Ons leef in konstante konflik. Ons word uitgedaag om net so kwaad te raak, om ook so te haat soos die persoon wat God ontken.

Wat beteken ons geloof in Jesus en wat baat jou Geloof jou as jy presies soos die ongeredde persoon optree in moeilike en onsekere tye? Ons is die soet geur onder die wat redding kort. Ons is die lig in donker tye, omdat God in ons woon.  Paulus herhinner ons in hierdie vers dat ons bly staan, terwyl almal om ons platgevee is. Hy openbaar weer aan ons dat dit is ons wat sing, terwyl almal murmureer. Dit is ons wat profeteer, visie en hoop het, terwyl ander niks kan sien nie. Ons moet waak om nie ook soos die verlore mense op te tree nie.

Sê bietjie prys die Here!