Dagstukkies met Henry 23 April 2019
April 23, 2019
Matteus 26:41: #Waaksaamheid
“Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
Ek is so beïndruk met ons Here Jesus. Wéér leer Hy ons iets baie besonders. In Matteus 26:38 sê Jesus: “My soul is deeply grieved, to the point of death….” Daar is niks in Jesus se raamwerk wat ooit vir satan ‘n geleentheid gegee het, om gesag oor Jesus te hê nie. Nie ‘n lering nie, nie ‘n gedagte nie, nie ‘n sonde nie, niks nie! Jesus is met alle tye in beheer van Sy emosies en ook van alles wat in Sy hart aangaan. Jesus is dié liefde en die nederigheid van God geopenbaar in die vlees, aan die mens. Jesus leer vir ons wat om te doen wanneer dit nie goed gaan nie en angs ons harte wil gryp en in ons lewens oorheers. Hy bid oor dit waarvan Hy bewus is. Jesus weet Hy het nodig om Sy hart en gedagtes by Sy Vader te gaan openbaar.
“My soul is deeply grieved”.
Dit leer ons dat Hy eerlik is met Homself en dat Sy prioriteit is om Sy wêreld en uitdagings te herinner aan die Een wie Hy dien en getrou aan is. Wanneer ons nie bid nie, lei dit na versoeking en versoeking vind plaas wanneer ‘n emosie ‘n gedagte bevestig wat nie gebore is uit ‘n openbaring van God nie. Dit is daardie ervaring van die verlede wat iets negatief gekommunikeer het, maar omdat ek dit nie aan God geopenbaar het nie, is daar ‘n geleentheid vir satan om my te manipuleer. “Wees waaksaam en bid” is om doelbewus met jou denke en emosies te wees en deur gesprekke met God dit uit te klaar, totdat jy vrede ervaar en vrug dra in die situasie. Emosies is die swakste vorm van waarheid en dit is ook gewoonlik die misverstande wat die oorsaak is van baie skade en seer in verhoudings is. Wees waaksaam en bid oor alles.
Sê bietjie prys die Here!