Dagstukkies met Helané 5 April 2019
April 5, 2019
1 Petrus 1: 18-19: #Waardevol
5 APRIL 2019055
“Omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos.”
In die Ou Testament het God die slagting van ‘n vlekkelose lam as ritueel ingestel om Sy volk te reinig van hul sondes en hulle te red van die dood. Maar hoekom juis ‘n lam? ‘n Lammetjie is onskuldig en sondeloos. Net soos Jesus. Die bloed van die lam moes dan teen die deurkosyne gesmeer word, net soos Jesus se bloed moes vloei, wie die enigste Deur is. Johannes 10:9 sê: “Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind”.
Die Israeliete was gered na die tiende plaag, die sterfte van die eerstegeborene. Die sterfte van God se enigebore Seun het ons uit ons Egipte kom red asook die dood. Hierdie was ‘n jaarlikse instelling en ‘n wet. Maar die Here wou ons kom red het van die wet, want Hy is genadig. Jesus moes die perfekte, onskuldige en vlekkelose lam vir ons wees, God in die vlees, om geslag te word sodat Sy bloed ons sondes kon bedek. Hy het die Ou Testament kom vervul. Ons noem hom ons Verlosser want Sy bloed het ons kom loskoop van die ewige dood asook die straf wat ons toegedien word vir die oortreding van God se wette. Dit is slegs KOSBARE bloed wat dit kan doen! Jesus se bloed!
Ons hoef dus nie meer elke jaar ‘n lammetjie te slag om ons te reining nie. Jesus se bloed het dit reeds kom doen. Die dood is reeds oorwin! Deur geloof in Jesus se kruisiging ontvang ons vergifnis van ons sondes en beweeg ons in ‘n regte verhouding met Hom. Ons moet net by Sy voete kom sit met ‘n hart vol berou en onsself bekeer, want Sy kosbare bloed sal jou vergewe en jou sondes kom skoonwas.
Jesus Liefde