Dagstukkies met Dennis Francis 3 Januarie 2019
Januarie 3, 2019
DAGSTUKKIES MET DENNIS FRANCIS 3 JANUARIE 2019
Klaagliedere 3:22 – 24: #NUWE BEGIN
“Dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartigheid het geen einde nie; hulle is elke môre nuut;. u trou is groot. Die Here is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop. (Afr 1953)
Daar was talle uitdagings in 2018. Telkens moes ons deur moeilike omstandighede gaan. Maar ons kon in die tye nog op die Here vertrou en in Hom bly hoop. Daar was sekerlike tye wat lewensgevaarlik was en waar ons kon omgekom het maar ons dank die Here vir Sy goedentierendheid wat sonder einde is.
Heb. 13:5 verklaar: “Hy sal ons nooit begewe of verlaat nie”, Hy is met ons tot die voleinding van die wêreld. Wanneer ons van die volk Israel se ervarings lees, besef ons hoe standvastig die Here se liefde is en hoe nuut en vars Sy ontferming is. Dit is asof daar daagliks ‘n Nuwe Môre kom. So is dit, sonder einde.
Die lieddigter sê:
Jesus kom in die môre
Die duiwel het gedink dit is klaar met my
Jesus kom in die môre
om my nuwe krag te gee.
Vers 23 verklaar: “hulle is elke môre nuut; u trou is groot”. Elke dag is dit ‘n nuwe begin. Die Here is deel van my en ek van Hom. Daarom sal ek bly hoop want Hy is my bron van krag. Hou ook daaraan vas in die nuwe jaar, Hy is jou Nuwe Môre.
Vrede / Shalom