Dagstukkies met Dennis Francis 29 Januarie 2019

Januarie 29, 2019

2 Thessalonisense 3:3:  #Beskerming

29 JANUARIE 2019

“Maar die Here is getrou, Hy sal julle versterk en bewaar van die bose.”

Apostel Paulus skryf in sy groete boodskap aan die Thessalonisenes volk, verskillende vermanings, waar hy gebed vra om verlos te word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie.

Die Naam van die Here is ‘n sterk toring, die regverdige hardloop daarin en word beskut. Psalm 91:7 en 9 verklaar: “Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand – na jou sal dit nie kom nie.” Dawid sê: “Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.”

God is getrou, wanneer ons swak is, is Hy sterk en openbaar Hy sy krag in ons swakheid en bewaar Hy ons van die bose. Hy belowe in Sy woord dat geen onheil sal ons tref nie en geen plaag sal by ons tent kom nie, want Hy is ons beskermer.

God sal vir ons ‘n vuurkolom wees by nag en ‘n wolkkolom wees in die dag. Deur die woestyn het God hulle bewaar tot in die beloofde land. Groot en Almagtig is die Here wat groot wonders vir Israel gedoen het.

Vrede / Shalom.