Dagstukkies met Dennis Francis 24 Januarie 2019

Januarie 24, 2019


Effesiërs 6: 5-8: #Gehoorsaamheid

24 JANUARIE 2019

“Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtend nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.”

Die woord sê gehoorsaamheid is beter as offerhande. As ‘n Christen is ons baie verskuldig aan diegene wat jou na die Here gelei het en as voorgangers dien, en jou geleer het aangaande die evangelie. As hy homself gegee het, tyd en kragte aan jou afgestaan het, moet dieselfde voorbeeld gevolg word.

Daarom moet die ondervinding wat ‘n mens opgedoen het om gehoorsaam te wees aan die voorgangers, ander tot aansporing dien om God werklik te vertrou in alle omstandighede. Deur gehoorsame onderdanigheid kan God groot en ondeurgrondelike dinge aan ons openbaar.

Die gelowige se ingesteldheid moet reg wees want dan kan God jou magtig in Sy akker gebruik. Ek het geleer dat saam met gehoorsaamheid kom onderwerping, asook om jou te kan berus te midde van die omstandighede. Deur die gehoorsaamheid aan jou voorgangers en aan God die Almagtige is Hy in staat om Sy salwing oor jou uit te stort en die krag van die Here sal mense instuur en losmaak.

Ek het kom leer in die lewe, al het jy alles in pag en jy is nie gehoorsaam nie, dan baat dit vir jou niks nie, want saam met gehoorsaamheid kom ook beskikbaarheid vir die evangelie.

Vrede / Shalom