Dagstukkies met Dennis Francis 23 Januarie 2019

Januarie 23, 2019


Effesiërs 6:1-3:  #Gehoorsaamheid

23 JANUARIE 2019

“Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder – dit is die eerste gebod met ‘n belofte – sodat dit met jou goed  mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.”

Ek het groot geword in ‘n era waar jy as kind nie kon teë praat as jou ouers jou ‘n opdrag of vermaning gegee het nie. Jy was opgevoed in die vrese van die Here, maar soos kinders maar somtyds is raak hulle ook ongehoorsaam.

As kind het ek vroeg ‘n goeie les geleer oor gehoorsaamheid. Dit was nog in die dae toe daar nie waterkrane was nie en ons moes water aandra met emmers van die water tenke of sloot af. Baie kere het ons lank geneem, natuurlik gespeel, maar die dag toe my moeder sê ek kan saam met my pa na ‘n sekere dorp gaan, toe dra ek die drom in ‘n rekordtyd vol. Net daar het ek die les van my lewe gekry. Dis toe dat my ma my nie laat gaan nie, want ander tye het ons lank geneem en was ons ongehoorsaam. Vanaf daardie dag het ek besluit om my te beywer om gehoorsaam te wees.

Vers een van Effesiërs hoofstuk ses sê: “Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg . Dit beteken dat die geestelike ouers moet hulle gehoorsaam wees. Dan kom die opdrag: “Eer jou vader en jou moeder, dit is die eerste gebod met ‘n belofte en dit is sodat jy ‘n langer voorspoedige lewe kan hê.

Somtyds moet ‘n mens op die harde manier leer, maar wanneer ons daaraan voldoen, God staan op Sy woord, want al het Hy tot sy skade gesweer, Hy verander nie.

Vrede / Shalom