Dagstukkies met Dennis Francis 16 Januarie 2019
Januarie 16, 2019
Psalm 91:11: #Reistog
“Want Hy sal Sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.”
Op die lewensreis kom daar somtyds aanslae op ‘n mens se lewe, maar wanneer ons in die skuilplek van die Allerhoogste sit en vernag in die skaduwee van die Almagtige, dan sal geen onheil ons tref en geen plaag sal naby ons tent kom nie.
Psalm 91:11 verklaar: “Want Hy sal Sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Met ander woorde, wanneer ons die Naam van die Here aanroep, sal Hy uit Sy Heilige paleis ons hulpkreet aanhoor en ons uit al ons benoudhede op ons pad red. Hy sal die engele bevel gee om ons te beskerm teen die gevare wat op ons pad wil kom.
Jesaja 54:15 sê: “As hulle ook die aanval begin – dit is nie uit My uit nie; wie jou aanval, sal oor jou val. Vers 17 verklaar: “Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie, en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê.
Die Here sal jou reis voorspoedig maak, want die engele sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip sal stamp nie. Wanneer ons ‘n verhouding met die Here het, dan kan ons met vrymoedigheid na die troon van God gaan en Hy sal jou nooit weg wys nie.
Vrede / Shalom