Dagstukkies met Dennis 5 September 2019

September 5, 2019

5 SEPTEMBER 2019

Psalm 3:8:  #Oorwinning

Ek is nie bang vir tienduisend mense wat van alle kante af op my toesak nie.  Kom tog, Here, help my, my God! U het nog altyd my vyande se mag verbreek.  U het die aanval van die goddeloses afgeslaan.”

Hierdie Psalm was geskryf toe Dawid vir sy seun Absolom gevlug het. Dit was ‘n môrelied, ‘n uitroep want van God is sy oorwinning. Alhoewel baie teenstaanders teen hom opgestaan het, baie het vir hom gesê dat by die Here is daar geen heil nie, nogtans het Dawid die Here aangeroep. In Psalm 3:4 sê hy: “Maar U, Here, is ‘n skild wat my beskut, my eer en die een wat my hoof ophef.”

Baie kere, selfs in vandag se lewe, voel ons magteloos wanneer ons deur ons eie familie teëgestaan word, maar wanneer ons, ons vertroue in die Here plaas, kom God en gee  gemoedsrus, daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan.  Psalm 3:6 verklaar: “Ek het gaan lê en aan die slaap geraak; ek het wakker geword, want die Here het my ondersteun.” Daarom sê die Woord van die Here ook in Spreuke 3:6 “Ken My in al jou weë, en Ek sal jou paaie gelyk maak.” In die 1933-53 vertaling sê die skrif: “Staan op Here, verlos my, my God!” Dit is net God wat ons daardie totale oorwinning kan gee.

Vrede / Shalom