Dagstukkies met Dennis 5 November 2019
November 5, 2019
Matteus 13:10-11: #Verborgenheid
“Die dissipels het vir Jesus kom vra: “Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?” Hy het hulle geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.”
Hier in die hart van die dissipels het ‘n bekommernis ontstaan, want elke keer praat die Here in gelykenisse met die skare, want menigte skare het Jesus gevolg feitlik ooral waar Hy gegaan het om te luister na die wysheid van die Here se gelykenisse sodat hulle kan verstaan. Toe die dissipels na Jesus kom en hulle bekommernis bekend maak, het Hy hulle met die woorde geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.”
Hier word die dissipels bewus gemaak, die feit dat hulle alles gelos en vir Jesus gevolg het, het hulle die Gees van aanneming ontvang en so ook die verborgenheid met ander woorde die Gees wat die dieptes kan peil en openbaar. Verborgenhede wat die wêreld nie kan ontvang nie. Daarom is dit baie belangrik vir elke gelowige om te weet wat God vir hom gegee het.
Vrede / Shalom