Dagstukkies met Dennis 5 Julie 2019
Julie 5, 2019
1 Korintiërs 1:30: #Wysheid
“Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing.”
Wanneer ons in Johannes hoofstuk een lees, dan sê Johannes 1:3 “Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan, wat ontstaan het nie.” Dan besef ons alles het deur Hom ontstaan en soos die woord sê: “Maar deur Hom is julle in Christus Jesus….” Kolossense 3:16 verklaar: “Laat die Woord van Christus ryklik in julle woon en in alle wysheid.
Die wysheid van God word duidelik in 2 Timoteus 3:17 verklaar: “Sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk, volkome toegerus. Daarom as ons in Christus Jesus is, het ons die volheid van God, want Jesus Christus; wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.” Die wysheid van God bring geregtigheid na vore, want sy oordele is regverdig en dit rig ons lewe om na heiligmaking te strewe, sodat ons die volle verlossing kan kry.
Vrede / Shalom