Dagstukkies met Dennis 4 Maart 2019

Maart 4, 2019

Romeine 15:13:  #Blydskap

4 MAART 2019

“En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees.”

Vanaf die eerste vers in hoofstuk vyftien het Paulus diegene daarop gewys, dat die wat sterk is, op hulle rus die verpligting om die wat swak is, te dra. Wanneer daardie hulpbetoning uitgevoer word skep dit ‘n atmosfeer van dankbaarheid.

Die oproep is na al die nasies om die Here te loof en te prys en God te dank, want net Hy kan die mens se lewe verander. Romeine 15:13 is ‘n seëngebed wat vanaf Paulus uitgaan na alle volke, nasies en tale: “En mag die God van julle hoop, julle vervul met blydskap deur die geloof.”

Ons dank die Here dat die hoop nie beskaam nie.  Waar daar lewe is, is daar hoop. Prediker 9:4 verklaar: “Want solank as iemand by al die lewendes behoort, is daar hoop; want ‘n lewendige hond is beter as ‘n dooie leeu.”

Romeine 5:5 sê: “En die hoop beskaam nie…” met ander woorde daar is iets om na uit te sien, en dit vul ‘n mens met ‘n blydskap wat die wêreld jou nie kan gee nie. Blydskap is iets aansteeklik, want dit helder iemand wat vol probleme is se dag weer op.  Die blydskap bring ‘n oorwinningsatmosfeer in enige situasie.

Vrede / Shalom.