Dagstukkies met Dennis 31 Mei 2019

Mei 31, 2019

 

Johannes 8:12:  #Lig

31 MEI 2019 (1)

“Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld.  Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Psalm 119:105 verklaar: “U Woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.“ Dus wanneer die Woord, met ander woorde, die Woord wat vlees kom word het, ryklik in ons harte woon, dan kan ons nie struikel of rondtas in die donker nie, want Hy is vir ons ‘n lamp vir ons voete en ‘n lig op ons pad.

Jesaja 9:1 sê: “Die volk wat in duisternis wandel, het ‘n groot lig gesien, die wat woon in die land van doodskaduwee, oor hulle het ‘n lig geskyn.” Dank die Here vir hierdie profetiese woord wat deur die profeet Jesaja uitgegaan het, dat die Lig, Die Seun van God, is aan die kom en die duisternis kan nie die lig oorweldig nie.

Daarom is dit baie belangrik dat elke persoon in Hom moet wandel sodat hy nie hoef te struikel en val nie, want Jesus het gesê: “Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.  Wanneer ons in die lig wandel sal ons werke vir almal sigbaar wees, ons sal nuwe visioene sien en dit wat ons beplan sal tot uitvoering kom, want Job 22: 28 verklaar: “Besluit jy iets, dan kom dit tot stand, en oor jou weë skyn ‘n lig.”

Vrede /