Dagstukkies met Dennis 30 September 2019

September 30, 2019

30 SEPTEMBER 2019 

Handelinge 20:35:  #Offer

Onthou die woorde van die Here Jesus.  Hy het self gesê: om te gee, maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang.”

Apostel Paulus is oppad na Jerusalem wetend dat hy moontlik nie weer die gelowiges gaan sien nie. Hy spreek die ouderlinge van Efese toe. In sy laaste repliek waarsku, vermaan en bemoedig hy hulle om waaksaam te wees vir diegene – selfs die onder hulle – wat sal opstaan met ‘n verkeerde leer.

In Handelinge 20:33 wys Paulus hulle op die feit dat hy: “Niemand se silwer of goud of klere begeer nie.” Hy skryf aan Timoteus dat in die laaste dae, mense liefhebbers van hulself sal wees asook geldgierig sal wees.  Daar is vandag sulke mense: hoe meer hulle het, hoe meer wil hulle hê. Mense gee nie om wat hulle aan ander mense doen om geld in die hande te kry nie!

Dit is juis hier waar Paulus dan in Handelinge 20:35 sê: “Onthou die woorde van die Here Jesus.  Hy het self gesê: om te gee, maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang.” Uit ervaring kan ek ook getuig, want die hand waarmee jy gee is oop, en met daardie hand (wat oop is) ontvang jy ook!

Vrede / Shalom