Dagstukkies met Dennis 30 Mei 2019
Mei 30, 2019
Lukas 11:34-35: #Lig
“Die Lamp van jou liggaam is die oog. As jou oog goed is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as jou oog sleg is, is jou hele liggaam sonder lig. Pas dus op dat die lig in jou nie donker is nie.”
Matteus 5:14 verklaar: “Julle is die lig van die wêreld.” ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê kan nie weggesteek word nie, dit skyn sodat almal kan sien. Nou sê Lukas 11:34a: “Die lamp van die liggaam is die oog. Dit is die poort van die verstand waardeur beelde deurgelaat word, en dan vasgelê word in die geheue.
Daarom moet ons seker maak dat ons ingesteldheid reg is, want dit bepaal die korrektheid van die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam reg, want jou oog is positief reg ingestel, sy versier is reg. Die Woord van die Here sê: As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig. Elke mens het die reg op sy opinie, maar as daardie opinie nie strook of in lyn met die Woord van die Here is nie, dan is dit wat veronderstel is om lig te wees, donker.
Jou sienswyse of mening oor enige situasie bepaal dus of die lig in jou duisternis is of nie; want as dit verkeerd is, is jou liggaam donker. Die enigste manier om dit reg te stel is om jou ingesteldheid in lyn met die Woord te bring en sensitief te wees vir die Heilige Gees.
Vrede / Shalom