Dagstukkies met Dennis 30 Julie 2019

Julie 30, 2019

30 JULIE 2019

Psalm 25:5:  #Waarheid

Laat U waarheid my lei en onderrig my daarin, want U is God, my redder. In U stel ek elke dag my verwagting.”

Dawid stel sy vertroue in die Here, sy enigste ware Helper, wat hom van sonde kan bevry. Hy besef opnuut dat net in God is daar waarheid, want die aarde lê in die wieg van die vader van die leuens, naamlik Satan. In Psalm 25:3 sê Dawid: “Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaam staan nie. Hulle sal beskaam staan wat troueloos handel sonder oorsaak.”

Dit laat my dink aan die verhaal van die seuntjie wat ‘n ooggetuie was van ‘n ongeluk wat veroorsaak is deur ‘n invloedryke dame. Met die gevolg moes die seun in die hof getuig wat hy gesien het. Die invloedryke dame daarinteen het vir haar die beste prokureur gekry om haar saak te verdedig en baie keer probeer om die seuntjie te intimideer, wat die seuntjie dan baie senuweeagtig gemaak het.

Gelukkig het hierdie seuntjie ‘n vader gehad wat hom bemoedig het met die woorde: “My seun al sal die prokureur of die invloedryke dame jou hoe van stryk af wil bring, praat jy net die waarheid wat jy gesien het en hou daarby.” Dit is juis dit wat Dawid gedoen het wanneer hy in Psalm 25:5 sê: “Laat U waarheid my lei….” en nie net lei nie, maar ook leer my, onderrig my want dit het ons nodig. Die waarheid sal altyd seëvier, hoe moeilik ookal.

Vrede / Shalom