Dagstukkies met Dennis 29 November 2019
November 29, 2019
Psalm 84:1: #Guns
“Die Here God is ons krag en ons beskerming, die Here gee genade en eer, Hy weerhou die goeie nie van die wat reg lewe nie. Here, Almagtige, dit gaan goed met die mens wat op U vertrou!”
Die betekenis van guns kan in vier kort woordjies opgesom word naamlik God is vir jou en dis ‘n wonderlike, onverdiende voorreg wat vir elkeen van Sy kinders bedoel is. Die vraag is wat kan ‘n mens by Jesus leer aangaande God se guns? Jesus het namate Hy groter geword het, toegeneem in wysheid asook guns by God en mens. Psalm 84:1 verklaar: “Die Here God is ons krag en ons beskerming, die Here gee genade en eer, Hy weerhou die goeie nie van die wat reg lewe nie. Here, Almagtige, dit gaan goed met die mens wat op U vertrou!”
Die Here laat die son skyn oor almal, sodat niemand eendag kan sê dat die son het net op die regverdiges geskyn nie. In die hitte van die stryd is Hy vir ons ‘n skild, by Hom is daar vir ons beskerming, want: “Die Here sal genade en eer gee.” Hy sal ons teen die onheile en aanslag van die bose bewaar, almal wat Hom in Gees en in waarheid aanbid.
Vrede / Shalom