Dagstukkies met Dennis 29 Julie 2019
Julie 29, 2019
1 Johannes 1:8: #Waarheid
“As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.”
Die 1933-53 Bybel vertaling verklaar: “As ons sê dat ons het geen sonde nie, mislei ons, onsself en die waarheid is nie in ons nie.” Die Woord van die Here leer ons Hy is die kenner van die hart en die toetser van die niere. Psalm 139 verklaar: Voordat ‘n woord op ons tong was, het God dit geken. Daarom sê Apostel Paulus ons sondig daagliks in woorde en in gedagte, want hy wat sy tong in toom hou is volmaak. Spreuke 3:24 verklaar: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.”
Jeremia 17:9 sê: “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?” Daarom sê Paulus in 2 Timoteus 31:5: “Mense wat ‘n gedaante van Godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het.” Daarom moet ons waak dat ons nie onsself mislei en in ‘n staat van selfregverdigheid bevind word nie, want as ons beweer of net sinspeel dat ons geen sonde het nie, bedrieg of mislei ons, onsself en leef ons dan ‘n leuen. Jesus sê vir die Jode: En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
Vrede / Shalom