Dagstukkies met Dennis 29 April 2019

April 29, 2019

1 Korintiërs 2:13:  #Onderskeiding

29 APRIL 2019

“Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met die wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.”

Dit is een van die wonderlikste, maar baie belangrike gawes wat elke gelowige moet het. Wanneer jy die gawe van onderskeiding het, dan word jy uitgedaag om op te tree, en soms staan jy alleen. Baie keer maak mense die fout om onderskeiding te vergelyk met die fisiese waarneming; 1 Korintiërs 2:13 verklaar: “Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met die wat die Heilige Gees leer…” Daarom moet ‘n mens gevul wees met die Heilige Gees, want dit is net die Heilige Gees wat weet wat in jou gees aangaan, want die geestelike dinge word met die geestelike vergelyk.

Daar is ook liggaamlike onderskeiding, waar die persoon met die gawe van onderskeiding, dit in die liggaam optel, waar die pyn is of iets wat gaan gebeur op die pad vorentoe. Die persoon met die gawe van onderskeiding kan onderskei watter gees nou in ‘n persoon opereer, wat hom voor doen wat hy of sy nie is nie.  Hierdie gawe: Gees van onderskeiding, maak dat mense versigtig is, maar dit maak ook vyande, want elke onderduimse en valse gees sal aan die lig kom en die werk van die Here sal skoon gehou word. Gees van onderskeiding moet ek net sê is nie oordeel nie. Onderskeiding word nie in die skool geleer nie, maar dit word deur die Heilige Gees geopenbaar.

Vrede / Shalom