Dagstukkies met Dennis 27 Mei 2019
Mei 27, 2019
Johannes 1:4-5: #Lig
“In Hom was lewe, en die lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie uitdoof nie.”
Ek glo niemand wil in die donkerte rondtas nie. Net hy wat die ongeregtigheid najaag hou van die donkerte. Daarom sê die Woord van die Here: Alles wat in die donkerte gedoen word, sal in die lig geopenbaar word.
Johannes was nie die Lig nie, maar hy moes getuig van die Lig, wat in die wêreld sou kom en die duisternis sal dit nie kan oorweldig nie. Johannes 1:4 verklaar: “In Hom was lewe, en die lewe was die lig.” Met ander woorde, wanneer ons in Hom is en Hy in ons is, dan is daar lewe in ons, asook die lig.
Jesus sê in Johannes 10:10b: “Ek het gekom dat julle lewe en oorvloed kan hê” Waar Jesus ookal beweeg het, was daar lig en die duisternis kon dit nie oorweldig nie. Jesus is die lig van die wêreld en niks wat ons doen of sê kan daardie lig uitdoof nie.
Vrede / Shalom