Dagstukkies met Dennis 21 November 2019

November 21, 2019

 Genesis 17:6-7:  #Vrug

Ek sal jou vrugbaar maak en jou uitermate oorvloedig vermeerder.  Ek sal jou vader van baie nasies maak en konings sal uit jou lendene kom.  Ek sal my verbond oprig tussen my en jou en jou nageslag na jou, in hulle geslagte as ‘n ewige verbond.”

Die opskrif in hoofstuk 17 van Genesis in die 1933-53 vertaling sê: “God verander die naam van Abram…” Abram se naam verander na Abraham en word Abraham die vriend van God genoem.  God sluit met Abraham ‘n verbond dat God hom buitengewoon vrugbaar gaan maak. God belowe hom dat Hy hom tot ‘n nasie maak en konings sal uit hom voort kom.

Abraham het God vertrou met sy hele hart, daarom staan hy ook bekend as die geloofsheld in die Ou Testament. Selfs toe hy Isak moes gaan offer het. God is ‘n Ware Helper en in benoudheid is Hy in ‘n hoë mate beproef.  Wanneer ons ‘n dieper ervaring wil beleef moet ons glo en vashou daaraan dat God nie ‘n mens is nie, maar Hy is wakker op Sy Woord om dit te volbring.

Vrede / Shalom