Dagstukkies met Dennis 2 Oktober 2019

Oktober 2, 2019

2 OKTOBER 2019

Hebreërs 13:16#Offer

Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dit is die offers wat vir God aanneemlik is.”

Dit word van elke gelowige verwag om nooit op te hou om goed te doen nie. Spreuke 25:21-22 verklaar: “As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink. Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die Here sal jou dit vergelde.” Daarom moet ons waak soos Spreuke 11:1 verklaar: “ ‘n Valse weegskaal is vir die Here ‘n gruwel, maar in ‘n volle gewig het Hy behae.” Ons moet dus nie ‘n weldaad terug hou aan die wat dit toekom nie. Hebreërs 13:16 lui: “Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dit is die offers wat vir God aanneemlik is.”

Hoe maklik vergeet ons van ‘n weldaad wat na omgesien is? Daarom sê die Woord: “Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.” God het ‘n welbehae in opregtheid van hart, ‘n hart vol van blydskap en dankbaarheid. Filippense 4:19 sê: “En my God sal elke behoefte van julle vervul na Sy rykdom en heerlikheid deur Christus Jesus.”

Vrede / Shalom