Dagstukkies met Dennis 12 November 2019

November 12, 2019

Psalm 130:7:  #Wag

Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker.”

Die mens wil altyd iets gister gedoen gehad het en dan is hy spyt wanneer dinge nie uitwerk soos hy dit verwag het nie, want hy was te haastig. Die oomblik wanneer Israel ongehoorsaam was, het God toegelaat dat hulle nederlae gely het, en het soms in ballingskap gegaan.  Dit is dan in hierdie tye wat die volk Israel benoud geraak het en baie keer gevoel het hulle God het hulle verlaat.

In Psalm 130:6 sê die Psalmdigter “My siel wag op die Here meer as wagters op die môre.” Hiermee word die erns van die saak om te wag op die Here, uitgebeeld. Daarom om te wag hang ook baie af van die mens se ingesteldheid om geduldig te wag op die Here vir die uitkoms.  Die Psalmdigter besef ook op nuut dat net by die Here is die goedertierenheid en dit is tot in ewigheid. Job, terwyl hy deur al die gebeure gegaan het, het gesê: Hy weet sy Verlosser leef, daarom by God is daar verlossing.

Vrede / Shalom