Dagstukkies met Dennis 11 Julie 2019
Julie 11, 2019
1 Timoteus. 1:16: #Geduld
“Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al Sy verdraagsaamheid sou betoon en ek ‘n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry.”
In die dolle vaart van die lewe is almal haastig om êrens te kom. Mense gee nie om hoe hulle ander behandel om te kry wat hulle wil hê nie. Geen barmhartigheid word bewys nie, en groot letsels is al op mense se lewens gelaat.
In 1 Timoteus 1:16 verklaar Paulus: “Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al Sy verdraagsaamheid sou betoon en ek ‘n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry.” Ons as sondaars het dit nie verdien nie, maar deur Sy grote genade en liefde het God sy lankmoedigheid, sy geduld aan ons getoon.
Nou sê Paulus dat dit nie net vir ons gegee is om daarmee te spog nie, maar juis sê Paulus: “Om ‘n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.” Daarom moet ons wat in Christus Jesus is die lankmoedigheid uit die lewe, nie moed opgee nie. Ons moet aanhou om in Hom te glo dat Hy gebed sal beantwoord vir die wat in Hom glo tot in ewigheid.
Vrede / Shalom