Dagstukkies met Dennis 1 Julie 2019

Julie 1, 2019

Jakobus 1:5:  #Wysheid

“As een van julle wysheid kortkom moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”

1 JULIE 2019

Daar is baie mense wat wysheid wil bekom, maar hulle ken nie die geheim van hoe om dit te kry nie.  Spreuke 8:10 verklaar: “Die beginsel van wysheid is vrees die Here, en kennis van die Heilige is verstand.”  Ons leef in ‘n deurmekaar wêreld.  Elkeen het sy reg en so raak mense baie dinge kwyt wat somtyds groot skade aan mense se verhoudings aanrig.

Daarom sê Jakobus. 1:5 “As een van julle wysheid kortkom moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.” Wanneer ons na die Here gaan met enige gebedsversoeke moet ons glo dat God gebede beantwoord en ‘n waarmaker van Sy Woord is.

Paulus skryf in 1 Korintiërs 1:27 “Want wat dwaas is by die wêreld het God uitverkies om die wyse te beskaam, en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam. God gee aan almal wysheid eenvoudig sonder om te verwyt, maar ons moet dit van God bid, want die wysheid van God oortref die wysheid van die wêreld.

Vrede / Shalom