Dagstukkies met CLF 9 April 2020
April 9, 2020
Jou lewe
“Die Here verafsku mense wat nie opreg is nie; Hy hou van mense wat onberispelik leef.”
(Spreuke 11:20)
Om onberispelik te lewe beteken om reg te doen. Dit beteken jy leef op so ’n manier dat ander niks sleg oor jou kan sê nie. Jy doen goeie dinge. Jy behoort aan die Here. Jy gehoorsaam Hom alleen. Elke dag moet ons vir die Here leef. As ons ons harte vir Hom gee, en ons glo dat Hy vir ons sondes gesterf het, sal Hy vir ons sorg.
God hou van mense wat opreg lewe. Dis nie aldag maklik om God se pad te loop nie. Daar is so baie versoekings wat oor ons weg kom. Solank ons aan die Here behoort, sal die duiwel altyd probeer om ons van Hom af weg te kry.
Lewe elke dag opreg. Die Here sien dit raak en sal jou beloon omdat jy aan Hom getrou is. Wat sal daardie beloning dan wees? Om te hoor: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg”.
Here help my om elke dag onberispelik te lewe. Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.