Dagstukkies met CLF 8 Julie 2020
Julie 8, 2020
Die groot oes
“Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die
arbeiders min” (Matteus 9:37)
Almal van ons wat al op ’n plaas gewerk het, weet dat baie mense nodig is om ’n oes in te samel. Elke boer wil graag soveel as moontlik van sy oes bymekaar maak. Dan is daar geld om die werksmense te betaal sodat hulle weer kos en klere kan koop.
Jesus gebruik hierdie voorbeeld om te sê dat daar nog baie mense is wat God se Woord moet hoor. Dit is die oes wat ingesamel moet word vir God se koninkryk. Die probleem is dat daar so min mense is wat bereid is om God se Woord aan ander te bring. Dit is die arbeiders waarvan Jesus praat.
Omdat daar so min mense is wat God se Woord verkondig, verwag die Here dat ek en jy ook ons deel moet doen. Kom ons begin sommer vandag al om die oes vir God in te samel.
Here, gee tog dat u Heilige Gees mense sal roep om u groot oes in te samel. Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.