Dagstukkies met CLF 8 Augustus 2020

Augustus 8, 2020

Vir my en jou

“Toe het hulle in sy gesig gespoeg en Hom met die vuis geslaan”

(Matteus 26:67)

Nadat hulle Jesus gevange geneem het, is Hy weggelei na die hoëpriester waar die skrifgeleerdes en familiehoofde bymekaar gekom het. Hulle het hard probeer om Jesus skuldig te kry sodat hulle Hom kon doodmaak. Toe het hulle besluit dat Jesus so skuldig is dat Hy doodgemaak moet word. Hulle het in sy gesig gespoeg en Hom geslaan soos ons in die teksvers lees.

Jesus het al daardie pyn en vernedering verduur vir almal wat in Hom glo, ook vir jou en my. Jesus moes dit alles deurgaan, en uiteindelik sterf, om vir ons sondes te betaal.

Soms kry ons ook baie swaar hier op aarde, maar as ons dink aan wat Jesus deurgemaak het, kan ons nie kla nie. Elke dag moet ons vir die Here dankie sê dat Hy al daardie lyding vir ons deurgemaak het. As Jesus nie aan die kruis gesterf het nie, was ek en jy verlore mense.

 

Jesus, dankie dat U vir my al daardie pyn verduur het.  Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.