Dagstukkies met CLF 6 April 2020

April 6, 2020

Spyt kom te laat

“En jy sal sê: Ek het my opvoeding versmaai, ek het my nie gesteur aan die onderrig nie.” (Spreuke 5:12)

 

As ’n mens jonk is, is jy vol van jouself. Jy wil self in beheer wees, en wil nie deur ander geleer of reggehelp word nie. Ons dink dat ons baie slim is en steur ons nie aan ons ouers of ander se raad nie.

Nou waarsku die Bybel ons om nie ons opvoeding, en dit wat vir ons geleer is, weg te gooi nie. Ons ouers, onderwysers of die dominee leer ons van kleins af van die Here. Hulle doen dit omdat hulle vir ons omgee en liefhet. Ouer mense weet wat dit is om God te ken, en daarom wil hulle net die beste vir ons hê.

As jy weer eendag opstandig word as iemand jou teregwys of wil leer, dink dan aan wat staan in Spreuke 5:12. Moenie later spyt wees omdat jy onwillig was om na ander te luister nie.

 

Liewe Vader, U weet dat ek soms hardkoppig is. Help my om na goeie raad van ander en van U te luister. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.