Dagstukkies met CLF 5 November 2020
November 5, 2020
Jou keuse
“Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad” (2 Korintiërs 5:10)
Elke mens op aarde moet die een of ander tyd sterf. Niemand op aarde kan vir altyd leef nie. Vandag leer ons dat elke mens voor God se regterstoel sal staan om beoordeel te word oor hoe hy of sy op aarde geleef het. Dié wat volgens God se wil gelewe het, sal beloon word, maar dié wat God se verlossing geïgnoreer het, sal vir ewig sonder God wees.
Wat sal jy kies? Die goeie pad of die verkeerde een? Dis nie ’n moeilike keuse nie. Ons wil elkeen graag nadat ons gesterf het vir ewig in die hemel by God wees. Daarom moet ek en jy elke dag so aan God vashou dat ons nie bang hoef te wees vir sy oordeel nie.
Dierbare Here, help my om elke dag U wil op aarde te doen. Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds